navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Pinkster 2024


Ons is dankbaar om ’n geseënde week met vyf Aand- , Oggend- en Kinderpinksterbyeenkomste af te sluit.  Ons sê in besonder dankie vir:
- Die geesvervulde boodskap wat elke aand deur ds. Marius Schoombie aangebied is.
- Die musiek- en tegniese span wat elke aand op hulle pos was.
- Brenda Visser en helpers wat die aanbieding van die Kinderpinkster behartig het.
- Sopkokers wat koue en honger kerkgangers na die diens met 'n lekker warm koppie sop bederf het.

Sondag 19 Mei 2024


Die week se PInksterbyeenkomste word op Sondag 19 Mei met ’n spesiale Pinksterfees en Nagmaal afgesluit. Neem asseblief kennis dat die familie- en meditatiewe dienste by die oggenddiens inskakel om saam die PInksterfees en Nagmaal te vier.

Pinksterfees met nagmaal om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie (3/4)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Mia van der Merwe

Spesiale kosinsameling tydens Pinkster

Spesiale kosinsameling tydens Pinkster.  Neem asb. ’n bruinpapiersak in die voorportaal van die kerk en vul dit met die aangeduide bestanddele. Laai die lys met bestanddele HIER af.
Laat gevulde sakke in die voorportaal van die kerk, of gee asb. by die kerkkantoor af.

Kinders leer van geestelike gawes by Kinderpinkster

Ons gemeente se kinderwerker wil almal wat geskenksakke vir die afgelope Kinderpinkster geskenk het, bedank.  Sy het die geskenksakke ingespan om aan die jongspan te verduidelik dat geestelike gawes ’n geskenk is wat ons van God ontvang.  Geestelike gawes soos gasvryheid, barmhartigheid, gebed, skeppendheid, ens. is op ’n praktiese wyse tydens Kinderpinkster aan die kinders verduidelik.
"Geestelike gawes is ’n moeilike konsep vir kinders om te verstaan, daarom het ons praktiese goed met die kinders gedoen om dit vir hulle meer verstaanbaar te maak," sê Brenda.  "Ons het byvoorbeeld een aand toebroodjies vir die nagskuiling voorberei om aan hulle die geestelike gawe van barmhartigheid te illustreer.  Die week se sessies was kosbaar en dit was vir my ’n voorreg om op dié wyse boustene in kinders se geloofsreise te plaas."

Ons bid saam vir die verkiesing

Kom bid op Donderdag 23 Mei om 18:30 in die kapel saam met ons vir die komende verkiesing dat dit vreedsaam sal verloop en ons land met goeie leiers geseën sal word.

Almal is welkom

God se nuwe tempel

Deur: Ds. Schalk van Wyk
Pinkster is tempeltyd. Na die tempel het ons verlede week net in die verbygaan, vlugtig geloer. Hierdie week wil ek u aandag vra vir ʼn stukkie tempelgeskiedenis – van die skepping af tot by die voleinding, die openbaring van die heerlikheid. Dan sal u verstaan hoekom ek sê, Pinkster is tempeltyd.  Lees meer . . .

Sopkokers benodig – help asb.

Dit is wintertyd en ons wil graag die sopkombuise in Khayelitsha, Delft en Bloekombos weer met klaar voorbereide sop ondersteun.  Ons kort sopkokers wat bereid is om sop te kook en in bevore formaat by die markplein af te gee.  Jy kan die sop in ’n 2 liter-roomysbak vries en wanneer dit bevrore is, uit die plastiekbak verwyder en dit dan in ’n plastieksak by die markplein afgee.  Sodoende kan jy die roomysbak hergebruik.  Die sopresep asook 2liter-roomysbakke sal in die markplein beskikbaar wees.  Kontak vir Anéne Nortier (083 581 6930) of die kerkkantoor met enige navrae.

2 Liter roomysbakke

Skenk asb. 2 liter-roomysbakke vir die sopkombuisprojek.  Gee asseblief tussen 08:00 en 14:00 by die markplein of kerkkantoor af.

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark word op Saterdag 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00 in die saalkompleks aangebied.  Daar is vanjaar twee sale vol stalletjies en indien jy op soek is na billike klere, dekor-items of selfs ’n meubelstuk of twee, is dit die plek om te besoek.

- Koffie en eetgoed is ook te koop.
- Die hele mark is binnenshuis. 
- Geen toegangsfooie en gratis parkering. 
- Sommige stalletjies het kredietkaartfasiliteite, maar kontant is ook welkom.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Stuur gerus opbouende voorstelle rakende eredienste, kategese, of enige ander bedienings in die gemeente, aan: voorstelle@stellenberg.co.za.

Bybelstudie- en kleingroepe

’n Mannegebedsgroep kom tans weekliks op Donderdagoggende bymekaar en ’n Bybelstudiegroep vir vroue kom weekliks op Maandagoggende byeen.  Dan is daar ook verskeie kleiner Bybelstudie- en gebedsgroepe in die gemeente.  Indien jy by ’n groep ingeskakel is, of graag by ’n groep wil inskakel, of deel is van ’n groep wat ’n paar nuwe lede kort, kontak asseblief vir ds. Johan Visser by johan@stellenberg.co.za/072 603 3205.

Dis weer tyd vir uitreike!

Indien jy nog nie op ’n uitreik was nie, nooi ons jou in besonder om aan vanjaar se uitreike deel te neem.  Uitreike bied aan jou die geleentheid om nader aan God, maar ook nader aan jou medemens te groei.
Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
Indien jy op die Leeu-Gamka-uitreik wil gaan, klik asseblief op die skakel vir aanlyn inskrywings: https://forms.gle/UiPPDSXvbcfXWedW8
Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie
Indien jy op die Calitzdorp uitreik wil gaan, hier is die skakel vir die aanlyn inskrywings: https://forms.gle/3ruf8TbZv2RBZJtX7

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop.  Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te bespreek.

Ds. René Potgieter met sabbatsverlof

Neem asseblief kennis dat ds. René Potgieter vanaf 1 tot 30 Junie met sabbatsverlof is.

VatVyf-program


Woensdag 22 Mei 10:00:  Gerrie Nel van die Seereddingsinstituut kom ons van hulle werk vertel.  Die praatjie oor polisiehonde is gekanselleer.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek by  Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 10 Julie 10:00: Ons speel saam bingo.  Koop ’n kaartjie teen R10 om deel te neem.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 24 Julie 10:00: Optrede deur Piet Smit, bekende gospelsanger.  Kaartjies @ R100 per persoon te koop by Charlotte, kerkkantoor.

Breigroep
Die breigroep kom op Maandag 3 Junie om 09:30 in die markplein byeen.  Die oorhandiging van serpe en ander klaar gebreide artikels aan die uitreikspanne sal dan plaasvind.  Breiers moet asseblief alle voltooide artikels saambring.

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek of gehospitaliseer is:

 - Johan Lamprecht, Raphaelstraat.

 - R
udi Liebenberg, Carolslot.

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Karringmelk- en All-Bran-Karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 g-pakkies te koop teen R65 elk.
Bestanddele: bruismeel / semelryke-meel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtdtraat 27, Ridgeworth (Estate), naby Bellville Uitsig kerk.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  

- Huishulp beskikbaar.  Yolanda Olyn wat by die gemeente se Bybelstudiegroep vir huiswerkers inskakel, is op soek na voltydse inslaapwerk.  Sy het verwysings beskikbaar en kan na kinders en ook bejaardes omsien.  Kontak haar by 082 085 4498.

- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

  • Edelweiss bak pannekoek: Op Vydag 31 Mei pannekoek.  Plaas jou bestelling teen R8 per pannekoek voor 29 Mei by Christa Cilliers 021 976 1150.

  • Aristea-galakonsert | Sondag 2 Junie om 15:00 by Hoërskool Durbanville:  Kom geniet ’n middag van ligte klassieke musiek met sang, ballet en doedelsakke en soveel meer by die Galakonsert ten bate van Huis Aristea. Laat die klank van musiek en die elegansie van ballet jou wegvoer op ’n reis van herinneringe. Die middag gaan beslis ’n plesierige ervaring wees, veral met ’n opwindende afsluitlied!  Kaartjies nou beskikbaar by Computicket, https://bit.ly/GalakonsertHuisAristea.


Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za
Subscribe to our email list.