navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste
Sondag 5 Januarie 2025
Oggenddiens (doop) om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach

Skrifgedeelte | Jesaja 60:1-6 

Sondag 12 Januarie 2025

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Carel van Wyk


Doop | Sondag 5 Januarie 


Nico Zeelie en Anzel Gouws laat doop vir Conrad Zeelie tydens die oggenddiens.

Seënwense vir die nuwe jaar

Ons wens al ons lidmate baie seën vir die nuwe jaar toe.  Ons sien uit daarna om volgende jaar verder saam met elkeen van julle ’n pad te stap.

Omgeestoor: Klere en komberse

Indien jy bruikbare klere en komberse het wat jy nie self langer gaan gebruik nie, oorweeg om dit vir die omgeestoor te skenk.  Die omgeestoor ondersteun organisasies wat met minderbevoorregte mense werk.  Bydraes kan vanaf 08:00 tot 13:00 weeksdae by die kerkkantoor afgegee word.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 13 Januarie 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Kerkkantoor

Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor tans gesluit is en weer op Maandag 6 Januarie 2025 heropen.  Kontak gerus vir ds. Marius Breytenbach, die leraar aan diens, in geval van nood.

Maria Eatery


Neem asseblief kennis dat Maria Eatery tans nog gesluit is, maar op Maandag  6 Januarie 2025 heropen.

Basaar | Witolifanttafel


Indien jy vroeg in die nuwe jaar kaste regpak en besluit om van die witolifante in die huis ontslae te raak, oorweeg asseblief om dit vir die basaar se witolifanttafel te skenk.  Enige huisraad, gereedskap, speelgoed, sporttoerusting, ens. is welkom.  Gee asseblief bydraes by die kerkkantoor af.
Besoek gerus ons webwerf en die gemeente se YouTube-kanaal om na die daaglikse dagstukke wat deur die leraarspan saamgestel word, te luister.

Gemeentealmanak  

Die nuwe gemeente-almanak  is in die voorportaal van die kerk beskikbaar.  Neem asseblief slegs een per huishouding. 
Bo en behalwe die gedrukte kalenders is daar ook ’n aanlyn almanak op die gemeente se werbwerf beskikbaar.  Klik gerus HIER om daarna te kyk.  Die aanlyn almanak bevat meer besonderhede oor gebeure en sal gereeld hersien word.  Lidmate word ook uitgenooi om op die Google-kalender te registreer indien jy die kalender aan jou persoonlike dagboek wil koppel, of aan gemeenteaktiwiteite herinner wil word.  

Kategeseregistrasie 2025

Kategeseregistrasie vir 2025 is nou oop.  Klik op dié skakel om aanlyn te registreer.  Inskrywingsgeld is R200 per kind en betaalbaar saam met die inskrywing. Die inskrywingsgeld word gebruik om materiaalkoste te dek.  Neem asseblief kennis dat ons versoek dat almal weer registreer vir kategese, al was jy voorheen geregistreer.  Ons wil graag weet vir hoeveel kinders ons per graadgroep moet voorberei. 

Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan vanaf 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1 200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Subscribe to our email list.