|
|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
|
Eredienste Sondag 14 September 2025
| |
Jeremia 4:11-12 en 22-28 | Wanneer die aarde treur
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (1)
Familiediens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Jeanne Kotze
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk in die grootsaal om 09:00
Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach
DEUROFFER
Shiloh Synergy. Die Shiloh-groep bestaan uit verskeie gemeenskapsprojekte wat almal daarop gemik is om die lewensgehalte van minderbevoorregte mense in die Wes-Kaap te verbeter.
| |
September-sensusTydens Septembermaand wil ons graag lidmate se inligting in ons databasis opdateer. Daar sal gemeentelyste by al die eredienste beskikbaar wees. Jy kan voor of na ’n erediens seker maak jou naam is op ons gemeentelys, asook al die toepaslike inligting daarop kontroleer en indien nodig sommer die veranderinge op die lys aanbring. Stuur gerus vir Anneke ’n e-pos in die verband by anneke@stellenberg.co.za. Ons is dankbaar vir almal se samewerking in die verband.
| |
Klouterkerk | 21 SeptemberDs. Philipp Dietmann nooi gesinne met voorskoolse kleuters en babas om op Sondag 21 September om 09:00 by die klouterkerkbyeenkoms in die Maria- restaurant se tuin in te skakel. Dit is ’n kort, informele byeenkoms waar ouers en kinders in ’n ontspanne atmosfeer rondom die Woord bymekaarkom. Daar is ook geleentheid om lekker saam te kuier en ’n paar verversings te geniet.
| |
Elektroniese afvalGebruik die geleentheid om gedurende die seisoen van skepping van al die elektroniese afval in jou huis ontslae te raak. Bring gerus elektroniese toerusting wat in onbruik verval het, of gebreek het en plaas dit in die aangeduide houers op die kerkterrein. Klik HIER om voorbeelde te sien van items wat in die dromme geplaas mag word. Gloeilampe en batterye moet eerder by jou naaste winkelsentrum wat herwinningsdromme het, afgegee word.
| |
Administratiewe Dag-viering
Kerkkantoorpersoneel het verlede week in die gees van die Seisoen van Skepping, Administratiewe Dag met ’n flinke 5 km-stap op die pragtige Meerendallandgoed gevier.
Dit was ’n pragtige lentedag en ’n voorreg om die pragtige landskap wat met geel Kanolablomme getooi was, te beleef. Die personeel is dit almal eens dat dié uistappie goed was vir liggaam en gees.
| |
| Die huweliksklokke lui in 2025
| |
Twee personeellede het in 2025 die knoop deurgehaak. Op die foto links is Jacques en Janine Holtzhauzen wat op 11 Julie in die kerk getroud is. Jacques is as terreinwerker ’n bekende gesig op die terrein en sommer op die geboue se dakke ook. Hy en Janine het na die seremonie ’n bruilofsfees in die markplein aangebied. Janine het Jacques se ma se trourok op die besondere dag gedra.
Op die foto regs is Rudolph en Nicole van Schoor. Rudolph is ’n kerkraadslid en ook die bestuurder van die Stellenberg Terapiesentrum. Die van Schoors is op 23 Augustus in die Paarl getroud.
Ons wens albei die paartjies baie seën toe op hulle onderskeie huwelike en die lewenspaaie wat hulle nou saam aanpak.
| |
Dr. Serahni Symington werp lig op ouerskapkwessies
Deur: Thelmie Potgieter
Ouerskap is nie vir sissies nie, dit weet almal maar alte goed!
Die familiebestuurspan het dr. Serahni Symington, alombekende spelterapeut van Durbanville, genooi om op Vrydagaand 5 September belangstellende ouers oor ’n paar relevante ouerskap-tameletjies toe te spreek.
Verskeie belangrike punte is aangeroer, waaronder: Lees meer . . .
| |
| Die VatVyf-toer is propvol jolyt
| |
Die VatVyf-toer het Woensdag met groot opgewondenheid vertrek. Hulle beoog om die skoonheid van die Karoo te verken deur ’n draai in Sutherland te maak waar hulle die sterreprag bewonder, in Matjiesfontein op die bekende spook se spoor te loop en in Oudtshoorn die pragtige Kangogrotte te besoek. Op die foto bo geniet die groep die lekker Karoo-sonskyn en regs onder is hulle by Sutherland-gemeente se pragtige kerkgebou. Ds. René Potgieter vergesel die jolige groep. Ons vertrou dat hulle ’n onvergeetlike ervaring saam sal hê.
| |
Annibrand Junior-uitstappie Sondag 28 SeptemberOns sluit die kwartaal op Sondag 28 September op ’n hoogtepunt af met ’n heerlike familie-uitstappie na Giraffe House Wildlife Awareness Centre in Muldersvlei. Daar sal geen familiediens wees op 28 September nie, aangesien ons mekaar al om 09:30 by die sentrum ontmoet. Daar is om 11:00 en 13:00 Creepy crawly-ervarings waarvoor gesinne kan bespreek. Pak gerus ’n pieniekmandjie en geniet die dag saam met ons in die natuur.
Indien jy voor die sluitingsdatum (Maandag 22 September) plek bespreek, sal jy afslag op toegangsfooie ontvang aangesien ons dan ’n groepbespreking kan maak. Diegene wat nie plek bespreek nie, kan steeds die uitstappie meemaak, maar sal ongelukkig die afslag verbeur. Bespreek plekke aanlyn deur op die SKAKEL te klik.
| |
| Gemeentekamp | 10 tot 12 Oktober
| |
Bybelskool | Die skepper en sy skeppende skepselsJy kan steeds by die Bybelskool wat op 9 September begin het, inskakel. Daar is nog drie geleenthede op Dinsdae om 18:30 in die binneplein. Ds. Schalk van Wyk is die aanbieder. Ons dink na oor ons roeping in die wêreld, asook oor kultuur. Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519
Tema: Die Skepper en sy skeppende skepsels Week 2: Van Babel via Ur na ʼn stad van God (Jesaja 60) Week 3: Die mensgeboude Godstad Jerusalem word soos sy tempel, ʼn rowerspelonk Week 4: Die Nuwe Jerusalem (Handelinge)
| |
| Die dagkamp vir graad 1 tot 3 was pret belaai
| |
Op Vrydagaand 5 September het 50 kinders en 25 leiers die dagkamp vir graad 1 tot 3 in die saalkompleks bygewoon. Brenda Visser, kinderwerker, het met die jongklomp gesels oor hoe ’n mens jouself teen negatiewe invloede van buite kan beskerm. Die hartjies wat die kinders op die foto's vashou, is 'n simboliese voorstelling van elkeen se besondere identiteit, drome en menswees.
| |
| Ons nooi besigheidseienaars en plaaslike diensverskaffers om hul besighede tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer. A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer. Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae vir besprekings.
| |
GebedsversoekeGee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.
| |
Wat beteken rentmeesterskap?Rentmeesterskap is een van daardie kerkwoorde wat redelik swaar op die oor val en waarvan die betekenis nie altyd so bekend is nie. In ’n onlangse artikel in VrydagNuus, amptelike nuusblad van Kaapkerk, meld die skrywer dat dit amper soos iets klink wat jy in ’n dik teologiehandboek sou kry, langs woorde soos “ekklesiologie” en “eskatologie.” Maar die kern van die saak is egter dat rentmeesterskap bloot doodgewone meelewing is. Lees meer . . .
| |
Hoe werk SnapScan?Indien jy oorweeg om jou maandelikse bydrae, of op Sondae jou bankkollekte, of aankope by die kafeteria met SnapScan te betaal, volg gerus die volgende riglyne. Dit is ’n gerieflike en veilige wyse van betaling. Jy moet eers die SnapScan-toep op jou slimfoon aflaai en dan daarop registreer. Sodra jy geregistreer het en jou bankkaart aan die toep gekoppel het, kan jy by verskeie besighede, of instansies deur middel van SnapScan betaal. Jy maak ’n betaling deur die toep oop te maak en die betrokke QR-kode (soos hier onder) met die kameralens in die toep, te skandeer.
| |
Dankie vir jou finansiële bydrae- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
Breigroep
Ons brei Maandag 6 Oktober om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum, weens voorbereidings vir die feesmark wat reeds in die markplein begin.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkelpersoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.
- Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025. Verwysing: Hanna Theart 076 149 1684.
- Huishulp beskikbaar. Agnes benodig werk as huishulp. Sy is baie betroubaar en ywerig om te werk. Kontak Elize Roelofse by 082 839 1040 vir verdere besonderhede.
| |
Oorweeg u om u huis te verkoop? Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing. Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding. Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit.
| |
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!
📍 51 Amandelweg, Eversdal manager@eversdalortho.co.za
| |
|
|
|
|
|