navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 27 Julie 2025

Een in Christus | Psalm 122

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (1)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kinderkerk om 09:00 in die grootsaal (Kleuterkerklokaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
Annibrand Junior en Senior
Kategese hervat weer op Sondag 27 Julie.

Om in Leeu Gamka en Calitzdorp ’n verskil te maak


Deur: Ds. Marius Schoombie

“Hulle wag al vanoggend vanaf 08:00, hier by die hek vir julle,” hoor die Leeu-Gamka-span toe hulle om 14:30 in die dorp arriveer.

“Verlede week het daar ’n bus hier verbygekom en by oom Klaus se padstal gestop,” vertel ’n ma terwyl die Calitzdorp-span deur Bergsig se strate stap. “Die kinders het gedink die Jêmmers het gekom! Toe ons weer sien hardloop daar ’n klomp kinders, net om te besef dit is nie julle nie. Hulle is al vir maande opgewonde dat julle kom!” Lees meer . . .


Uitreikers na Namibië deel hul ervaringe

Low Bothma deel die volgende:

’n Groep van 18 Stellenbergers (oud en jonk) het Namibië van 26 Junie – 8 Julie besoek. Ons bedoeling was om ons te vergewis van die huidige stand van Degnos (Diens en Getuienis Noord-Oostelike Streek) se bediening onder die Boesmans. Lees meer . . .

Baie dankie . . .

Daar is elke jaar ’n klomp mense wat dit vir die uitreikspanne moontlik maak om Leeu-Gamka en Calitzdorp te besoek. Ons wil gaag die volgende mense in besonder bedank:
- Prominent Paints wat verf geskenk het.  Hulle skenking het dit vir ons moontlik gemaak om die koshuiskamers waar die spanne elke jaar woon, uit te verf.

- Mans Vervoer wat ons gehelp het met die vervoer van voorrade.
- Die breigroep. Dankie aan die breigroep vir elke mussie en serp wat met groot liefde gebrei is, aan elkeen wat saamgekom het en elkeen wat die uitreike op ’n ander manier ondersteun het!

Gemeentebraai |

Vrydag 1 Augustus

Sluit op Vrydagaand 1 Augustus om 18:30 by ons gesellige Vrydagaand braai aan.  Bring jou eie drinkgoed, vleis, slaai, eetgerei, glas en bord.  Ons voorsien die kole en lekker geselskap.

Boekbekendstelling

Ek is wat ek is – 'n Kunsjoernaal, geskryf deur ds. Marius en Pauline Schoombie en geïllustreer deur Kayla Swart.

Sluit op Vrydag 8 Augustus om 18:30 in die markplein by ons aan vir die bekendstelling van die boek.  Bring jou eie drinkgoed saam en kom luister na ’n gesprek oor die boek – 'n kunservaring n.a.v.  die boek – ook na goeie musiek en geniet ’n lekker kuier.  Besprekings by Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za of 021 976 4519.


Damesoggend | 9 Aug

Ons nooi alle vroue (jonk en oud) uit na ’n besondere damesoggend op Saterdag 9 Augustus om 09:30 in die kleinsaal.  Amanda Swanepoel is die spreker en Hennie Swanepoel gaan ons met musiek vermaak.  Lekker saam eet is natuurlik deel van die program en ’n klomp geskenke sal ook uitgedeel word om almal verder te bederf.

Koste: R100 per persoon.  Besprekings by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.


Dis weer tyd vir ’n heerlike Kontreikuier

Teken die Kontreikuier op Vrydag 29 Augustus om 16:00 saam met Sutherland-gemeente in jou dagboek aan om seker te maak jy loop nie die heerlike tuisgemaakte kontreiprodukte asook klaar voorbereide kos soos roosterkoek, pannekoek, poeding, braaiborde en worsbroodjies, mis nie.  Rou vleis sal ook te koop wees.  
Om Sutherland-gemeente met die fondsinsameling te ondersteun benodig ons asseblief die volgende bydraes: Gebakte en koue poedings asook vla.  Kontak Susan 072 942 1530 indien jy hiermee kan help.

Skenkings van meel, suiker en olie sal ook waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
Ons benodig helpers om kasregisters te beman.  Kontakpersoon: Christine Fereira by 083 440 2086.
Die omgeetrust se wynveiling is beslis een van die jaarlikse hoogtepunte op ons gemeentekalender.  Gebruik die geleentheid om saam met vriende te kuier, lekker wyn te geniet en boonop die geleentheid te kry om die goeie werk wat die omgeetrust in minderbevoorregte gemeenskappe doen, te ondersteun. 
Fairview landgoed sal die aand meze-styl-disse saam met verskillende wyn bedien.  Charles Back van Fairview sal ons aan hulle heerlike wyne bekendstel.
Skenkings van produkte wat tydens die veiling opgeveil kan word, sal baie waardeer word.  Kontak asseblief vir Karin by feesmark@stellenberg.co.za in die verband.
Bespreek jou plek, of ’n tafel vir jou en jou vriende by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.  Koste: R300 per persoon.

Date Night: Huwelikskursus

Ons nooi almal wat pasgetroud, lank getroud, of in 'n lang verhouding met mekaar betrokke is, om by ons Date night-kursus in te skakel.

Datums: Die kursus begin op Woensdag 30 Julie en word vir sewe weke elke Woensdagaand vanaf 18:30 tot 20:30 aangebied.
Koste: R180 per aand, per paar.
Besprekings: Kontak by Charlotte by 021 976 4519/stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za.

’n Gebed vir die polisie


Deur: Ds. Schalk van Wyk
Woorde van die wêreld om ons:

Ons weermag is so mankoliek, maar ons generaals blaas geld op gholfdae om die tyd te verwyl. Die storms slaan woedend om die polisie, met ernstige aantygings teen senior generaals wat styf lepellê met korrupsie en bedrog. Om alles te kroon, word 'n polisieminister ook betrek by dwarsboming van die gereg en is op verpligte verlof gestuur, maar intussen foeter die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voort sonder brieke.

Maarman, J. (2025, Julie 21). Polisie is van bo tot onder verrot. Netwerk24

VatVyf-byeenkomste


Woensdag 30 Julie om 09:30 in kleinsaal

Sluit gerus aan by ’n praatjie oor demensie en delirium.  Anneke Fourie, ’n ervare fisioterapeut en ook ’n kerkraadslid, gaan die onderwerp met ons bespreek.  Toegang is gratis. Bespreek by Charlotte 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za
 

Uitstappie op Woensdag 20 Augustus 2025

Lippizaner-vertoning (perdevertoning) in die Paarl.  Bussies vertrek 09:30.  Koste R75 per persoon.  Ons geniet iets te ete na die vertoning by The Kitchen. Elkeen betaal vir hom/haarself.

Bespreek en betaal by Charlotte 021 976 4519.

Met leedwese


Ons het gedurende die afgelope maand afskeid geneem van:

   - Christian Johannes Ackermann (09/06/1930 - 15/07/2025).  Johan was sedert 1988 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Hannie, wat hy agterlaat.  Sy gedenkdiens was op 21 Julie.
- Jacobus Petrus (Kosie) Freysen (14/10/1954 - 18 /07/2025).  Kosie was sedert 1987 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Tersia, wat hy agterlaat. Gedenkdiensreëlings is nog onbekend.

 - Anne-Marié Schietekat (22/04/1958 - 05/07/2025).  Anne-Marié was sedert 2006 ’n lidmaat van die gemeente.  Gedenkdiensreëlings is onbekend.
-  Frederick (Freddie) Dech Smit (13/07/1973-24/07/2025).  Freddie is sedert 2016 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Mariska, en seun, Ivan, wat hy agterlaat.   Geen gedenkdiensreëlings is nog bekend nie.

Aanlyn Bybelskool 

Die Bybel vandag | Sessie 9: Deel 1 
Kyk gerus na die nuwe sessie in die aanlyn Bybelskoolreeks op die gemeente se YouTube-kanaal of die webwerf.

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.
Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is, of operasies ondergaan:

   - Louise Rheeder

 - Cilie Marais

 - Elsabé Viljoen

 - Abrie Visagie

- Herman Engelbrecht

 - Esther Barnard


Omgeestoor en kosprojek


Tydens die wintermaande raak die vraag na warm klere en komberse groter.  Skenk asseblief bruikbare wintersklere vir ons omgeestoor.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Niebederfbare kosprodukte vir die gemeente se kosprojek kan ook by die kerkkantoor afgegee word.  Suiker, langlewemelk, koffie, tee, meel, graankos, sopmengsel, konfyt, blikkiesgroente en -vleis asook kookolie is alles produkte wat in kospakkies verpak kan word.    

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 4 Augustus 2025 om 09:30 in die markplein. 

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In ons omgewing . . .

Ruyterwacht Senior Sentrum beoog om ’n damestee op Saterdag 2 Aug. aan te bied.  Kaartjies beloop R130, wat eetgoed asook ’n gasspreker en vermaak insluit.  Die sentrum benodig gasvrouens wat kaartjies kan verkoop en eetgoed vir haar tafel kan voorsien.  Kontak asseblief vir:   Rene Coetzee by  rwssoffice@gmail.com/083 810 1240.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.