navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 12 Mei 2024


Weeskind-Sondag | Handelinge 1:15-17 en 21-26

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Pinksterdiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

Pinkstertema: Jy is wat jy liefhet  

Aandpinkster: 12 Mei om 18:00 in die kerk en vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in die kerk.

  Sop word na die Aandpinksterdienste in die markplein bedien.

 Oggendpinkster: 1
3 tot 17 Mei om 10:00 in die kerk, waar die vorige aand se diens vertoon sal word.  Tee word na die diens bedien.

“Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”  2 Korintiërs 3:18 

Met Pinkster vier ons elke jaar die uitstorting van die Gees – God self wat in ons kom woon om ons lewens te rig en lei, wat ons vorm om meer en meer soos Christus te wees. Die Gees wat in ons kom woon, is ’n eenmalige gebeurtenis, maar die Gees werk nie eenmalig nie. Die Gees vorm ons elke dag om meer en meer aan die beeld van Christus gelyk te word. Lees meer . . .


Kinderpinkster:  Gebruik jou geestelike geskenke.  12 Mei om 18:00 in die kleinsaal en vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in die kleinsaal.  Almal van graad 1 tot 7 is welkom.

Spesiale kosinsameling tydens Pinkster

Spesiale kosinsameling tydens Pinkster.  Neem asb. ’n bruinpapiersak in die voorportaal van die kerk en vul dit met die aangeduide bestanddele. Laai die lys met bestanddele HIER af.
Laat gevulde sakke in die voorportaal van die kerk, of gee asb. by die kerkkantoor af.

Pieter Vrey het 288 parkruns agter die blad

Pieter Vrey is sedert 2017 ’n lidmaat van Stellenberg-gemeente en het op 83-jarige ouderdom op 24 Junie 2023 sy 250ste parkrun by die Meerendal-wynplaas in Durbanville suksesvol voltooi.  Saam met hom op die foto is 'n jare lange drafmaat, Willie Smith (links) en sy seun, Riaan Vrey (regs).  Lees meer . . .

Goeie hemel, liewe aarde!

Deur: Ds. Schalk van Wyk

Hemel en aarde, die twee hoort saam; hulle hoort van die begin af saam; hulle hoort vir ewig saam. En die hemel, sê die prediker in 5:1, is waar God is, en die aarde is waar ons is.

Tog glo miljoene Christene dat die hemel ons ewige woonplek sal wees. Sommige, soos ons wonderbare Bybelvertaler, digter en kerkman, Totius, gaan selfs sover as om te dink:

Sopkokers benodig – help asb.

Dit is wintertyd en ons wil graag die sopkombuise in Khayelitsha, Delft en Bloekombos weer met klaar voorbereide sop ondersteun.  Ons kort sopkokers wat bereid is om sop te kook en in bevore formaat by die markplein af te gee.  Jy kan die sop in ’n 2liter roomysbak vries en wanneer dit bevrore is, uit die plastiekbak verwyder en dit dan in ’n plastieksak by die markplein afgee.  Sodoende kan jy die roomysbak hergebruik.  Die sopresep asook 2liter roomysbakke sal in die markplein beskikbaar wees.  Kontak vir Anéne Nortier (083 581 6930) of die kerkkantoor met enige navrae.

2 Liter roomysbakke

Skenk asb. 2 liter roomysbakke vir die sopkombuisprojek.  Gee asseblief tussen 08:00 en 14:00 by die markplein of kerkkantoor af.

Ons bid saam vir die verkiesing

Kom bid op Donderdag 23 Mei om 18:30 in die kapel saam met ons vir die komende verkiesing dat dit vreedsaam sal verloop en ons land met goeie leiers geseën sal word.

Almal is welkom

Bybelstudie- en kleingroepe

’n Mannegebedsgroep kom tans weekliks op Donderdagoggende bymekaar en ’n Bybelstudiegroep vir vroue kom weekliks op Maandagoggende byeen.  Dan is daar ook verskeie kleiner Bybelstudie- en gebedsgroepe in die gemeente.  Indien jy by ’n groep ingeskakel is, of graag by ’n groep wil inskakel, of deel is van ’n groep wat ’n paar nuwe lede kort, kontak asseblief vir ds. Johan Visser by johan@stellenberg.co.za/072 603 3205.

Dis weer tyd vir uitreike!

Indien jy nog nie op ’n uitreik was nie, nooi ons jou in besonder om aan vanjaar se uitreike deel te neem.  Uitreike bied aan jou die geleentheid om nader aan God, maar ook nader aan jou medemens te groei.
Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
Indien jy op die Leeu-Gamka-uitreik wil gaan, klik asseblief op die skakel vir aanlyn inskrywings: https://forms.gle/UiPPDSXvbcfXWedW8
Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie
Indien jy op die Calitzdorp uitreik wil gaan, hier is die skakel vir die aanlyn inskrywings: https://forms.gle/3ruf8TbZv2RBZJtX7

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark word op Saterdag 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00 in die saalkompleks aangebied.  Daar is vanjaar twee sale vol stalletjies en indien jy op soek is na billike klere, dekor-items of selfs ’n meubelstuk of twee, is dit die plek om te besoek.

- Koffie en eetgoed is ook te koop.
- Die hele mark is binnenshuis. 
- Geen toegangsfooie en gratis parkering. 
- Sommige stalletjies het kredietkaartfasiliteite, maar kontant is ook welkom.

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop.  Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te bespreek.

VatVyf-program


Woensdag 22 Mei 10:00:  Gerrie Nel van die Seereddingsinstituut kom ons van hulle werk vertel.  Die praatjie oor polisiehonde is gekanselleer.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek by  Charlotte 021 976 4519.



Woensdag 10 Julie 10:00: Ons speel saam bingo.  Koop ’n kaartjie teen R10 om deel te neem.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 24 Julie 10:00: Optrede deur Piet Smit, bekende gospelsanger.  Kaartjies @ R100 per persoon te koop by Charlotte, kerkkantoor.

Breigroep
Die breigroep kom op Maandag 3 Junie om 09:30 in die markplein byeen.  Die oorhandiging van serpe en ander klaar gebreide artikels aan die uitreikspanne sal dan plaasvind.  Breiers moet asseblief alle voltooide artikels saambring.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Huishulp: Anna Scholtz is op soek na ’n huishulp wat Dinsdae of Donderdae beskikbaar is.  Kontak haar asseblief per WhatsApp by 071 7120 015.
- Huishulp beskikbaar.  Yolanda Olyn wat by die gemeente se Bybelstudiegroep vir huiswerkers inskakel, is op soek na voltydse inslaapwerk.  Sy het verwysings beskikbaar en kan na kinders en ook bejaardes omsien.  Kontak haar by 082 085 4498.

- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Edelweiss hou ’n snoekbraai op 17 Mei: 
Varsgebraaide snoek, gebakte brood, makataankonfyt en patattert teen R80.  Bespreek jou kaartjie by edelweissontvangs@gmail.com .

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.