GEMEENTEBULLETIN

8 tot 15 September 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 10 September 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Psalm 19:8-15 en 1 Johannes 1:4 | God by ons

 Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie (7)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 17:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser

       
 Annibrand Junior en Senior (Kategese) en Kleuterkerk
Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal.  Annibrand Junior ontmoet almal in die kleinsaal na die oggenddienste vir ’n lekker verrassing.

Aanddiens 10 September 17:00


Ons aanddiens skuif ’n bietjie vroeër en is ekstra spesiaal dié week.  Die gemeente kyk Sondagaand saam na die Springbokke se eerste Wêreldrugbybekerwedstryd.  Kom beleef die saam aanbid en daarna die saamstaan terwyl die Bokke speel.  Bring jou familie en vriende,  ALMAL is genooi!

Aanddiens 17:00 in die kerk. 
Rugby 17:45 in die kleinsaal.

Deuroffer
Shiloh Synergy is ’n niewinsgewende organisasie wat deur middel van ’n  verskeidenheid projekte minderbevoorregte persone bemagtig en  ondersteun.

Annibrand Junior-uitstappie

Die Annibrand Junior-groep se uitstappie wat op 10 September sou plaasvind, verskuif na 17 September, weens swak weer wat vir die 10de voorspel word.  Die besoek aan die Tygerberg Natuurreservaat sluit aan by die kwartaaltema – seisoen van skepping.  Die groep gaan God se skepping eerstehands beleef. Ons nooi kinders en gesinne om vanaf 10:30 tot 13:00  by ons aan te sluit.  Inskrywings aanlyn op www.stellenberg.co.za.
Omgeetrust-wynveiling | 13 Sept.

Die omgeetrust ondersteun verskeie projekte wat dienste aan minderbevoorregte kinders en bejaardes lewer.  Die trust bied op 13 September om 18:30 ’n wynveiling in die kleinsaal aan.  Kaartjies teen R250 per persoon sluit aandete, wyn, nagereg asook ’n wynproe saam met Fryer's Cove-kelder in.  Jan Ponk van Zyl tree as spreker op.

Stuur asseblief ’n e-pos aan feesmark@stellenberg.co.za indien jy graag die gesellige fondsinsamelingsgeleentheid wil bywoon.

’n Geleentheid vir ’n entrepreneur

Ons is op soek na ’n energieke en kreatiewe persoon wat die bestuur van die markplein vanaf Januarie 2024 op Sondagoggende (tussen 08:00 en 12:00) sal behartig.  Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die aankoop, voorbereiding en verkoop van eet- en drinkgoed, teen billike tariewe, aan kerkgangers. Hy /sy moet ook helpers beskikbaar stel wat met die bediening en opruiming behulpsaam kan wees.

Stuur asb. jou aansoek met ’n kort voorlegging van wat jy beplan om aan te bied teen 13 November aan charlotte@stellenberg.co.za.  Voorleggings en gesprekke met voornemende kandidate sal vanaf 17 November geskied. 
Navrae: Charlotte 021 976 4519  

Annibrand Senior-pelgrimstog

Ons nooi hoërskool-Annibranders uit om vanaf 2 tot 6 Oktober, tydens die skoolvakansie, saam met ons 'n pelgrimstog aan te pak. Tydens hierdie staproete in die Outeniekwaberge gaan ons fokus op God, mekaar, geloof en die natuur.  Kom beleef 'n stukkie van dié heiligheid saam met ons. 
Inskrywings by sunet@stellenberg.co.za of aanlyn by 
KLIK HIER 
Inskrywings sluit: 18 September 2023.


Eredienste in die vierde kwartaal

In die vierde kwartaal vier ons ons saamwees.  Die familie- en oggenddienste kom die hele kwartaal om 09:00 saam in die kerk byeen.  Die meditatiewe diens word steeds om 09:00 in die kapel aangebied  en die aanddiens om 18:00 in die kerk.  Kategese gaan normaal voort.

Feesmark 2023

Neem asseblief kennis dat die feesmark vanjaar ’n week later as vorige jare begin.  Die mark word vanaf 23 Oktober tot 11 November aangebied.  Inkopietye is steeds vanaf 10:00 tot 20:00 op weeksdae en vanaf 09:00 tot 18:00 op Saterdae.  Die restaurant sal op dieselfde tye as die mark oop wees.  Ondersteun asseblief die groot fondsinsamelingsprojek van die gemeente en nooi ook vriende en familie daarheen uit.

Breigroep het wol nodig

 

Die breigroep ontmoet op Maandag 11 September  om 09:30 in die  markplein.  
Die breigroep is afhanklik van wolskenkings en enige bydraes van bruikbare afvalwol sal baie waardeer word. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word, of in die mandjies in die voorportaal van die kerk geplaas word.

Bybelskool | Vierde kwartaal

In die vierde kwartaal word ’n opvolgkursus van die Babiloniese ballingskap aangebied.  In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie. Hoe herbou ons te midde van ’n wêreld wat baie verander het, tuistes wat vernietig is? Ons reis saam met gelowiges in Esra, Nehemia, Haggai, Sagaria en Maleagi.

Datums: 6, 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za.
Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek. 

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasiedienste deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 
Subscribe to our email list.