navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 22 Februarie 2026


Psalm 32 | Shalom shalom
Nagmaal 
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (2,3)
Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter
Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk 09:00 in die kleuterkerklokaal
Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser

Deuroffer:
Edelweiss Dienssentrum. Die sentrum bied behuising en ondersteuningsdienste aan senior burgers en ’n hele aantal lidmate woon in Edelweiss.

Lydenstyd begin

Aswoensdag het die begin van die Lydenstyd aangekondig. Hierdie Sondag is die eerste van ses Sondae wat opbou tot die Groot Lydensweek – die week waarin ons saam op ’n besondere manier Jesus Christus se lyding en sy liefde vir ons gedenk.

Indien jy ’n rooi kruis het, plaas dit gerus gedurende hierdie tyd aan jou voordeur as sigbare herinnering aan Christus se liefde vir ons. Jy kan ook ’n kers op ’n sigbare plek in jou huis neersit en dit weekliks aansteek as teken van gebed en nadenke.

Nog ’n betekenisvolle gebruik in Lydenstyd is om doelbewus van iets te vas – byvoorbeeld sosiale media, koffie of sjokolade. Só skep jy ruimte vir bewuste stilword, gebed en dankbaarheid, en herinner jy jouself aan Jesus se offer en sy liefde vir  elkeen van ons
.

Ontmoet Hendri Koch – nuwe ouderling

Hendri se wortels lê in die Oos-Kaap waar hy in Dordrecht tot en met standerd drie skoolgegaan het. Vanaf standerd vier het hy die koshuislewe in Hangklip, Queenstown trotseer en uiteindelik in die Paarl by Paarl Gimnasium gematrikuleer.

Blokdiens:

Sondag 1 Maart


Ds. René Potgieter nooi lidmate wat in haar blokke woon om op Sondag 1 Maart om 09:00 in die grootsaal aan te sluit by ’n spesiale blokdiens vir alle lidmate wat in die geografiese blokke woon wat deur haar bedien word. Na die diens drink ons saam tee.  Dit is 'n lekker gesellige geleentheid waar jy ander lidmate in jou onmiddellike woonomgewing kan ontmoet.

Klouterkerk:

Sondag 1 Maart
Ds. Philipp Dietmann nooi lidmate met babas en kleuters om op Sondag 1 Maart om 09:00 by die klouterkerkbyeenkoms aan te sluit.  Ons ontmoet om 09:00 in die restauranttuin.  Bring 'n piekniekkombers saam.

Baie dankie

Ons is opreg dankbaar teenoor elke lidmaat wat tot hierdie tiendemaandinsameling bygedra het. Die tiendemaandbydraes word uitsluitlik aangewend vir die bedieninge van die gemeente, en sonder hierdie getroue ondersteuning sou dit onmoontlik wees om die werksaamhede van die gemeente voort te sit.

’n Bedrag van R1 384 976 is ingesamel. Alhoewel die mikpunt van R1 800 000 nie bereik is nie, is ons steeds diep dankbaar vir elkeen wat uit dankbaarheid vir die gawes wat ons van die Here ontvang, bydra tot die werksaamhede van sy koninkryk.  Bydraes tot die insameling kan tot einde Februarie gemaak word.

Ons vertrou saam op die belofte van 2 Korintiërs 9:10-11:
“God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.”

Mag die Here elke gewer se hart seën en ons as gemeente toerus om met hoop en geloof vorentoe te beweeg.


Stellenbergbasaar is 'n tweedag-makietie

Stellenberg se basaar is vanjaar ’n tweedag-makietie en vind plaas op:

 - Vrydag 6 Maart | 13:00 – 20:00

-  Saterdag 7 Maart | 08:00 – 14:00

Kom kuier saam en geniet ’n heerlike gemeenskapsgeleentheid met iets vir almal:

 - ’n Kinderspeelpark

 - ’n Mini-buitelug-ekspo

 - ’n Groot snuffelmark (thrift market)

 - ’n Verskeidenheid koswaentjies met heerlike etes te koop
-  Gratis toegang en parkering
-  Genoeg sitplek
Helpers benodig:
Ons benodig persone wat met die maak en verkoop van poedings behulpsaam kan wees asook vrywilligers wat die speletjies se kaartjieverkope kan beman. 
Daar sal Sondag by oggenddienste lyste beskikbaar wees waarop jy kan aandui of jy met die maak van poedings behulpsaam kan wees.
WhatsApp Karen by 082 827 9389 indien jy kan help. 

Snuffelmark (Thrift market) | 6 en 7 Maart

Die snuffelmark (thrift market) word saam met Stellenberg se saamkuier (basaar) op die volgende datums aangebied:
 - Vrydag 6 Maart | 13:00 – 20:00

-  Saterdag 7 Maart | 08:00 – 14:00
Kom verkoop die klere wat jy nie meer dra nie, of huisraad, sporttoerusting en speelgoed wat in onbruik verval het.  Doen nou aansoek vir ’n stalletjie by die snuffelmark (thrift market) deur op die onderstaande skakel te klik.
Aanlyn aansoek vir thrift market

Bydraes vir witolifanttafel

Skenk asseblief huisraad, sporttoerusting, gereedskap, speelgoed, ens. wat in onbruik verval het aan die witolifanttafel.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word op weeksdae tussen 08:00 en 14:00.

Vroue-retraite |  13 tot 15 Maart 

Die vroue-retraite word vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deur Karin van Wyk aangebied.  Sy is ’n voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis, bekende spreker en aanbieder van kampe en retraites vir vroue.      

Tema: Face tot face to connect

Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes. 

Bespreek jou plek by ontvangs@stellenberg.co.za.

Sluitingsdatum: 27 Februarie 2026.

VatVyf-uitstappie

Op 11 Maart besoek ons twee prentjiemooi bestemmings in Stellenbosch, die Old Nectar Garden en daarna gaan ons by die Postcard Café iets drink en eet.

Bespreek jou plek by Christine, voor Maandag 6 Maart om 12:00 by die kerkkantoorontvangs.  Toegangsgeld vir Old Nectar Gardens is R50 per persoon en betaalbaar by bespreking.  By Postcard Café betaal elke persoon vir sy eie eet- en drinkgoed. Laat weet asseblief vir Christine indien jy bereid is om met jou eie motor te ry en dalk ’n saamrygeleentheid vir iemand kan aanbied.
 
Elke DINSDAGAAND tot 24 Maart om 19:00 in die kerk
In die reeks "ontbloot" ons saam die sogenaamde “geheime” van Openbaring, ’n besondere Bybelboek. Belangstellendes kan steeds inskakel.

Aanbieder: Ds. Schalk van Wyk
Koste: R30-donasie – betaal wanneer jy die kursus bywoon.
Bespreking: ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519 | WhatsApp na 081 045 2428.                

Stellie sonsopkoms-erediens


Leerders en ouers van Stellenberg Hoërskool word uitgenooi om op Dinsdag 24 Februarie by die sonsopkoms-erediens om 06:30 in die kerk aan te sluit.
Leerders sal na die diens terugstap skool toe.
Bespreek jou plek op die skool se Karri-toepassing.

Stellenberg-sokkies

Skaf vir jou ’n paar Stellenberg-sokkies aan om die Kaapstad-fietstoer mee aan te pak, in die gimnasium te dra, of om jou oggendstappie mee af te rond.  Die gemeente se logo is op die bekende Versus-sokkies aangebring.  Dié handelsmerk is ’n gunsteling onder sportliefhebbers.  Sokkies teen R150 per paar is by die kerkkantoor (ontvangs@stellenberg.co.za) of Sondagoggend in die kafeteria (slegs kaart en SnapScan-betalings) te koop.  

VatVyf-fotokompetisie


Ons nooi alle senior lidmate om aan die VatVyf-fotokompetisie deel te neem.  Kategorieë vir inskrywings is: diere-, aksie-, familie-, natuur- en humoristiese foto's.
Inskrywingsgeld: R50 (betaalbaar by die kerkkantoor-ontvangs)
Sluitingsdatum: 5 Junie 2026
Sien bepalings en voorwaardes HIER.


Uitreikdatums 2026

Teken die uitreikdatums vir 2026 in jou dagboek aan.  Verdere inligting sal binnekort volg.

Calitzdorp 27 Junie tot 2 Julie 2026.

Leeu-Gamka 4 Julie tot 9 Julie 2026.
Rig navrae aan sunet@stellenberg.co.za

Baie dankie aan die lidmate wat bereid is om een keer per maand by die kafeteria te help. Danksy julle kan die kafeteriaverkope weer hervat met heerlike lekkernye, vars cappuccino’s en ruimte vir lekker kuier.

Neem asseblief kennis dat die kafeteria geen kontant aanvaar nie. Betalings kan slegs met debiet- of kredietkaarte, of deur middel van die SnapScan-toepassing, gemaak word.

Veranderinge in WhatsApp-groepe

Neem asseblief kennis dat ons die verskillende WhatsApp-groepe in die gemeente onder een sambreel wil saamvoeg om kommunikasie meer vaartbelyn te maak. Lidmate wat lid is van die dagstukke- of gebedsgroepe sal geen wesenlike veranderinge beleef nie, behalwe dat u voortaan een keer per week die weeklikse elektroniese nuusbrief, asook skakels na eredienste, sal ontvang.

Die WhatsApp community-groep bied ook aan lede verbeterde sekuriteit en beskerm lede se telefoonnommers en persoonlike besonderhede.  Rig gerus enige navrae aan sanel@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp na 081 045 2428.

Breigroep
Die breigroep ontmoet Maandag 2 Maart 09:30 in die markplein.
Rekenaaroperateurs word benodig
Ons benodig hoërskoolleerders wat bereid is om teen vergoeding die rekenaar tydens ’n erediens te beman. Indien jy belangstel Whatsapp asseblief vir Deon by 082 869 0364.  

Baie dankie

Ons is opreg dankbaar teenoor elke lidmaat wat tot hierdie tiendemaandinsameling bygedra het. Dié bydraes word uitsluitlik vir die bedieninge van die gemeente aangewend, en sonder hierdie getroue ondersteuning sou dit onmoontlik wees om die werksaamhede van die gemeente voort te sit.

’n Bedrag van R1 384 976 is ingesamel. Alhoewel die mikpunt van R1 800 000 nie bereik is nie, is ons steeds diep dankbaar vir elkeen wat uit dankbaarheid vir die gawes wat ons van die Here ontvang, bydra tot die werksaamhede van sy koninkryk.  Bydraes kan tot einde Februarie tot die tiendemaandinsameling gemaak word.

Ons vertrou saam op die belofte van 2 Korintiërs 9:10-11:
“God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.”

Mag die Here elke gewer se hart seën en ons as gemeente toerus om met hoop en geloof vorentoe te beweeg.

Met leedwese


Ons neem afskeid van Charlotte Maria Thiart ( 13/11/1939 - 16/02/2026).  Charlotte was 'n inwoner van Edelweiss Dienssentrum en laat haar twee dogters en vyf kleinkinders agter.
Gedenkdiens: Donderdag 26 Februarie 14:30 in die kerk.

Finansiële bydraes

By Stellenberg-gemeente glo ons dat ons uit dankbaarheid tot die werksaamhede van die Here bydra.  Jy is welkom om enige van die volgende betalingsmetodes te gebruik:
- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode (hier bo) indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak of klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Stellenbeertjies Dagsorg:  Vir babas 0 tot 2 jaar. Kontak Minette 069 179 5279 vir meer besonderhede.
- Skoonmaak van matte:  Kontak Leon by 0824482438 vir ’n gratis kwotasie.
- Betroubare huishulp soek werk: ’n Baie betroubare huishulp is op soek na werk van Maandag tot Vrydag.  Sy het voorheen vir 20 jaar by dieselfde gesin gewerk.  Kontak asseblief haar verwysing: H. Smith 072 605 9822 of A. Gaum by 082 211 5572.
- Wiskunde wat SIN maak: Ek verskuif die fokus van:
❌ “Ek verduidelik”   na   ✅ “Jy dink en verstaan"
* Klein groepies of individueel
* Graad 7–10
* Na-skool-sessies
* Gekwalifiseerde, ervare wiskunde-onderwyser
Kontak Maarten van Rensburg 📱 072 106 0440

Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.