Stellenberg-weekliks

 1 tot  8 Maart 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 3 Maart 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Vierde Lydensweek
2 Korintiërs 5:14-21 | Die kerk ruik na Jesus
Gesamentlike diens om 09:00 in die kerk  | Ds. Breytenbach (1/3)
Die familie- en meditatiewe dienste skakel by die gesamentlike diens in. 

Aanddiens om 18:00 in die kerk | Ds. Schoombie

KATEGESEGROEPE VERDEEL SOOS VOLG:
Annibrand Junior
Geen Kleuterkerk vanoggend.
Graad 1 tot 3 om 10:00 in die kleinsaal.
Graad 4 tot 6 om 10:00 in die grootsaal.
Graad 7 om 10:00 in die jeuglokaal.

Annibrand Senior
 Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Doop vandag

- Pieter-Paul en Andrea Robbertse laat doop vir Strauss James Robbertse. 

- Rassie en Marietta Visser laat doop vir Luan Erasmus Visser.
- André en Almari van der Merwe laat doop vir André Jean van der Merwe.


Gemeentebraai

Vrydag 1 Maart 2024


Sluit vanaand vanaf 18:30 aan by die gesellige gemeentebraai in die markplein.  Bring jou eie vleis, slaai, drinkgoed, borde, eetgerei en glase.  Ons voorsien die kole en die lekker samesyn.
Almal is welkom.
Viering van die nuwe gemeente-embleem

Op Sondag 3 Maart word die gemeente se nuwe embleem bekend gestel en wil ons dit graag as gemeente saam vier tydens ’n gesamentlike erediens om 09:00 in die kerk, waarby die familie- en meditatiewe diens ook inskakel. Na afloop van die erediens word die oggend met ’n lekker saamkuiergeleentheid afgesluit.  Kategese en die aanddiens gaan soos gewoonlik voort.  Ons doen ’n beroep op lidmate om ’n paar vingerhappies (vrugte, soets of souts) saam te bring sodat ons dit as geloofsgemeenskap na afloop van die diens, saam kan geniet. 

Die VatVyf-groep maak ’n wye draai

Die VatVyf-groep het op Woensdag 28 Februarie die hitte trotseer en ’n wye draai gemaak tot in Kommetjie waar hulle die Imhoffplaas besoek het.  Hulle kon die mooi omgewing en natuurskoon van die plaas bewonder en daar was boonop 'n paar winkeltjies met pragtige handwerk waardeur hulle kon snuffel.  Die groep het die ogggend by die restaurant met 'n eersteklasontbyt afgesluit. Indien jy graag by die VatVyf-groep wil aansluit, of meer te wete wil kom oor hulle program, kontak asb. die kerkantoor by 021 9764519 / charlotte@stellenberg.co.za.

Resep vir ’n afgod

Die ware God is nooit gemaak nie – dit is ʼn geheimenis wat my verstand te bowe gaan, maar Hy was nog altyd daar. Afgode word by die dosyne gefabriseer. Dit is boonop ’n goedkoop proses – die armste mens op aarde is in staat om vir hom een te fabriseer. Die probleem is net dat as jy hom eenmaal gemaak het, vind jy uit dat dit baie duur is om hom aan te hou. Oor dié koste sal ons later praat, maar eers wil ek die basiese riglyne vir die maak van ʼn afgod met jou deel.  Lees meer . . .

Wêreldbiddag vir vroue

Sluit gerus by ons byeenkoms op Donderdagaand 7 Maart om 19:00 in die kapel aan. 
Vanjaar se tema is: Ek dring aan . . . verdra mekaar in liefde. 
Die vroue van Palestina het vanjaar se byeenkoms beplan en ons bid graag saam met hulle en alle vroue regoor die wêreld.

Jeugkamp | 15 tot 17 Maart

Die jeugkamp is een van die geleenthede wat ons jaarliks saam met Klipheuwel se jongmense aanpak. Dit bied aan jongmense geleentheid om nuwe vriende vanuit ander kulture en agtergronde te maak, mekaar te leer ken, asook om saam te lag en groei in geloof.   Graad 8 tot 12 word uitgenooi om voor 11 Maart vir die kamp in te skryf.  Inskrywingsgeld: R500.
Klik HIER vir die inskrywingsvorm.

Kampkok

Ons is dringend op soek na ’n kok vir die jeugkamp wat vanaf 15 tot 17 Maart in Wemmershoek, Wellington, aangebied word.  Indien jy behulpsaam kan wees, kontak asb. vir Sunet by sunet@stellenberg.co.za.

Lydenstydprogram

Week 4: Jesus ruik na stof en sweet


  • Groepbyeenkoms: Dinsdagaand 5 Maart om 19:00 in die kerk saam met ds. Marius Breytenbach.
  • Materiaal: Jy kan die materiaal wat vir dié week se Lydenstydprogram gebruik word HIER aflaai.
  • Lydenstydprogram:  Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Ons hou op Vrydag 8 Maart weer ’n lekker saamkuier-basaar.  Naas die feesmark is die basaar die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek.  Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, of nie ’n bydrae in die vorm van poeding, koek, ens. kan lewer nie, oorweeg asseblief om ’n skenking ten bate van die basaar te maak.

OP DIE SPYSKAART

Roosterkoek/Vetkoek ongevul R15
Roosterkoek/Vetkoek gevul R30
Boereworsrol R30
Kerrie-en-rys R45
Hamburgers R40
Braaibord & Slaai  R110
Slaptjips R25
Poeding R20
Pannekoek R9

TE KOOP

Die volgende rou vleis gaan te koop aangebied word, alles A2-lam.
Heel braairibbes (staanrib)
Heel nekkies
Heel blaaie (lamb shoulder)
Pakkies kookvleis
HOPE PRET VIR KINDERS
WITOLIFANTWINKEL EN STALLETJIES: Kom snuffel by die Witolifantwinkel. Daar is groot skatte.  Ons spog ook vanjaar met 35 stalletjies wat ’n mengelmoes van items o.a. juwele en vele meer verkoop.   

KONTANTBYDRAES:  Dit help ons baie en kan oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.  Gebruik BASAAR as verwysing, of gebruik die SnapScan-kode met BASAAR as verwysing. 
MES SE KARWASDIENS:  MES se karwasdiens word tydens die basaar aangebied. Laat jou motor teen slegs R100 was en ondersteun so die organisasie se werkskeppingsprojek.  Die diens geskied onder toesig en bankkaarte word aanvaar.
Kredietkaarte asook SnapScan word aanvaar. 

Helpers by die teetuin en kafeteria

Helpers wat Sondagoggende vanaf 10:00 tot 10:30 by die teetuin behulpsaam kan wees, of met die verkoop van eetgoed in die markplein kan help vanaf 09:45 tot 10:45, word dringend benodig.  Kontak asseblief vir Charlotte by 021 976 4519/charlotte@stellenberg.co.za om jou hulp aan te bied.

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is.  Indien jy bewus is van iemand wat siek of in die hospitaal is, bring dit asseblief onder ds. René Potgieter se aandag by rene@stellenberg.co.za of  079 893 8104.
 - Rudi Liebenberg is onlangs geopereer.
-  Hans Linde het pankreatitis.

- Leon Venter het geval en het bloeding op die brein opgedoen.
- Adri Aldrich kan nie meer stap nie weens rugprobleme.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensie
Twee studente wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer is op soek na nog twee Stellenbosch-studente wat ’n saamryklub vanaf Stellenberg na Stellenbosch wil vorm.  Skakel Jaden 068 587 9377 of Kyla 079 503 1734 na 17:00 indien jy belangstel.

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 4 Maart om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .

Subscribe to our email list.