Op 27 Junie het die Prins Albert Sakekamer se stigtingsvergadering plaasgevind.
Dit is die eerste keer wat hierdie gemeenskap ‘n sakekamer vorm.
Tydens die vergadering het Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap as gasspreker opgetree.
Op die foto’s verskyn die nuwe direksie en bestuurslede, asook Jannie Strydom, Willie Cilliers en Ilse Lochner (AHi Direkteur en Clanwilliam Sakekamer voorsitter).
Albert Geldenhuys is aangewys as die voorsitter.
Ons is opgewonde vir alles wat die Prins Albert Sakekamer gaan vermag!