|
Die AHi is opgewonde om vir alle besighede en entrepreneurs te nooi om in te skryf vir die jaarlikse MyAHi AJV-toekennings. Die inskrywings is vir ‘n beperkte tyd oop. Ons moedig u dus aan om spoedig in te skryf om ‘n kans te staan om een van ons gesogte pryse te wen.
Verder kan u meer uitvind oor Business Western Cape wat onlangs ‘n herlewing ondergaan het. Die AHi is ‘n trotse lid van die organisasie. U kan ook meer uitvind oor die belange van Business Western Cape en hoe die organisasie met die Wes-Kaap regering sal skakel vernaam in verband met die provinsie se nuwe Growth for Jobs-strategie.
Ons deel ook nuus vanuit sekere van ons sakekamers in hierdie week se nuusbrief met u!
| |
|
Ons nooi alle besigheidspersone uit om in te skryf vir die 2023 MyAHi AJV-toekennings.
Die inskrywings is tans oop, met die wenners wat tydens die AHi se glansryke galageleentheid op Woensdag, 8 November 2023 bekendgemaak sal word.
Wat kan die wenners verwag om te ontvang? Hulle sal voordeel trek uit media-blootstelling asook bemarkingsgeleenthede.
Van die kategorieë waarvoor u kan inskryf sluit in: - MyAHi Kleinsakebesigheid van die Jaar - MyAHi Beginner-besigheid van die Jaar - MyAHi Gasvryheidsbesigheid van die Jaar - MyAHi Kleinboer van die Jaar
Klik hier om die aanlyninskrywingsvorm te voltooi.
| |
Alle sakekamers word uitgenooi om in te skryf vir hierdie gesogte prys!
Inskrywings geskied oor twee kategorieë, naamlik die Sakekamer van die Jaar Trofee en die Opkomende Sakekamer van die Jaar Trofee.
Die inskrywingsproses is aanlyn voltooibaar, en neem net ‘n paar minute. U is egter welkom om ons te kontak as u verkies om ‘n inskrywingsvorm met die hand te voltooi.
U inskrywings moet ons teen nie later as Maandag, 16 Oktober 2023 bereik nie.
Vir meer inligting, en om in te skryf, kan u hier klik.
| |
Western Cape Premier, Alan Winde, together with the Provincial Minister of Finance and Economic Opportunities, Mireille Wenger, confirmed today that each of the 14 Western Cape provincial Departments, as well as each of its 11 entities, achieved unqualified audits in the 2022/23 financial year. These the best audit outcomes received by Western Cape Government (WCG) departments and entities combined, in five years.
“We do not action good governance for the sake of it. We do it because this is how we improve our service delivery. These audit outcomes are the tangible result of the WCG’s drive for clean governance, because it the bedrock on which the service delivery needs of our residents’ rest.” said Premier Winde.
Click here to find out more.
| |
Business Western Cape is die week tydens samesprekings oor die Wes-Kaap regering se Growth for Jobs (G4J) bekendgestel. Dié organisasie het onlangs ‘n herlewing ondergaan en bestaan uit ‘n reeks besigheidsorganisasies wat verskillende sakelui- en kamers verteenwoordig. Die AHi, WECBOF, NAFCOC en Accelerate Cape Town is onder andere deel van Business Western Cape.
Business Western Cape sal as ‘n spreekbuis dien om die privaatsektor se behoeftes en belange met die regering te deel. Sodoende hoop hulle om beter samewerking met die regering en privaat maatskappye te verseker. Die Wes-Kaap regering het tydens samesprekings hulle nuwe strategie met die privaatsektor gedeel waaronder hulle met maatskappye wil werk om teen 2035 tussen 4% en 6% jaar-op-jaar werskepping in die provinsie te verseker.
Premier Alan Winde het die geleentheid bygewoon en ook beklemtoon dat dit uiters belangrik is dat die provinsiale regering hande vat met die privaatsektor om hierdie reuse doelwit te behaal. As deel van die G4J-strategie sal die Wes-Kaap regering verskillende beleggings in die provinsie maak om dit vir besighede makliker te maak om handel te dryf. Hulle wil ook hierdeur die mark stimuleer, om sodoende verdere ekonomiese groei aan teweeg te bring.
Klik hier om meer uit te vind.
| |
Die AHi is opgewonde om vanjaar weer ‘n glansryke galageleentheid aan te bied. Tydens die geleentheid sal die AHi se gesogte prysuitdeling funksie ook plaasvind, waar die Sakekamer van die Jaar-toekenning onder andere uitgeloof sal word.
Die AHi sal binne die volgende paar dae kommunikasie versprei rondom kaartjieverkope, asook die tema waarop die direksie vir vanjaar se funksie besluit het.
Hou ons sosiale media dop vir meer inligting!
| |
The Mossel Bay Business Chamber is gearing up for their annual Business of 2023 competition.
This year’s Business of 2023 competition will be in pursuance of the Mossel Bay Business Chamber’s vision for acknowledging excellence.
At the same time, this Award also seeks to inspire budding entrepreneurs by emulating and exceeding the achievement of those who traversed the road before them.
The award ceremony will be help on 10 November 2023.
To enter, click here.
| |
Die Oudtshoorn Sakekamer het ‘n baie suksesvolle golfdag op 4 Oktober aangebied vir maatskappye in die area. Hierdie geleentheid was nie net ‘n netwerkgeleentheid nie, maar ook ‘n funksie waar besighede aktief kon bemark deur puitjies te borg.
Die Sakekamer meen dat hulle daarna uitsien om in die toekoms nog sulke geleenthede vir hulle lede en ander maatskappy in Oudtshoorn en omliggende areas aan te bied.
| |
Die Tygerberg Sakekamer bied vandag hulle jaarlikse golfdag aan. Die geleentheid het ‘n instelling van die sakekamer geraak, en word jaar-na-jaar goed ondersteun deur lede, asook nie-lede.
Die geleentheid vind by die Kuilsrivier Golfklub plaas.
Die AHi wens vir hulle sterkte toe met die funksie en ons glo alle deelnemers sal die geleentheid geniet.
| |
|
|
|
|