|
Baie geluk aan ons wenners in die MyAHi 2022-toekennings!
Dr. Willie Cilliers, uitvoerende direkteur van die AHi, het laasweek die wenners in die MyAHi 2022-eerbewystoekennings in ’n gala-geleentheid en regstreekse uitsending bekendgemaak.
Die eerbewyse wat by die gala-aand se prysuitdeling oorhandig is, is onder meer die Sakekamer van die Jaar, Opkomende Sakekamer van die Jaar, Kleinsakebesigheid van die Jaar, Beginner-besigheid van die Jaar, Kleinboer van die Jaar en Gasvryheidbesigheid van die Jaar. Die AHi het verder ’n toekenning vir die Vriend van die AHi, Opkomende Sakeleier van die Jaar en ’n Spesiale Toekenning toegeken.
Die wenners van die eerbewyse is op Donderdag, 3 November 2021, gedurende ’n gala-geleentheid by Protea Marriott Hotel in George bekendgestel.
| |
|
Baie geluk aan die volgende wenners van die MyAHi 2022-toekennings:
MyAHi Sakekamer van die Jaar 2022: George Sakekamer;MyAHi Opkomende Sakekamer van die Jaar 2022: Pacaltsdorp Community Business Association;MyAHi Kleinsakebesigheid van die Jaar 2022: Marguerite van der Merwe (Piekant Picnic);MyAHi Beginner-kleinsakebesigheid van die Jaar 2022: Lara Müller (Muller's Bridal Boutique);MyAHi Kleinboer van die Jaar 2022: Eugene & Alan Simons; MyAHi Gasvryheidsbesigheid van die Jaar 2022: Gert Nothnagel (Pelgrimstog van Hoop);Vriend van die AHi: Fanie Botes & Japie Gouws;Opkomende Sakeleier van die Jaar: Bjorn Harmse; en Spesiale Toekenning: Clanwilliam Sakekamer.
Laai gerus al die foto's van die geleentheid af deur hier te klik.
| |
AHi Gala-aand: Openingsgesprek deur dr. Willie Cilliers:
| |
AHi Gala-aand: Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, is die gasspreker van die gala-glansgeleentheid.
| |
Aankondiging van die Opkomende Sakekamer van die Jaar, Kleinsake-besigheid van die Jaar, Sakekamer van die Jaar, die Spesiale Toekenning en Opkomende Sakeleier van die Jaar:
| |
Japie Gouws verduidelik die proses van die wenners, sowel as die aankondiging van die Beginner-besigheid van die Jaar, Kleinboer van die Jaar en Gasvryheidbesigheid van die Jaar.
| |
AHi Kongres: Leon van Wyk, burgemeester van George, gee ’n kort oorsig gee oor die ekonomie in George.
Die eerste onderwerp wat bespreek word is die Sakekamer-model vir die toekoms deur Japie Gouws, voormalige uitvoerende hoof van die ATKV, gevolg deur 'n paneelbespreking.
| |
Die eerste paneelbespreking sluit in: Solly Fourie, voormalige departementshoof van die departement van ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, dr Willie Cilliers, uitvoerende direkteur van die AHi Wes-Kaap, Japie Gouws en Richard Shumi, voorsitter van Thembalethu Sakekamer.
| |
Die tweede onderwerp wat bespreek word is die rol van kleinbesighede in die plaaslike ekonomie, asook die kritiese rol van sakekamers om besighede te ondersteun deur Divan Botha, aanbieder van Winslyn op kykNET:
| |
Die tweede paneelbespreking sluit in: Divan Botha, TV-aanbieder, dr Adele Potgieter, dosent in ekonomiese wetenskappe by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se kampus in George, Solly Fourie en Henry Grobler, area-bestuurder van Business Partners:
| |
SABC Nuus: Samewerking tussen sakekamers, die regering en ander rolspelers is die enigste pad vorentoe.
| |
George Herald: Sakekamer sal moet aanpas
Die belangrike rol van die informele sektor en entrepreneurskap was maar net twee van die aangeleenthede wat verlede Vrydag, 4 November, by die AHi Wes-Kaap se jaarlikse kongres ter sprake gekom en uitgelig is.
Die kongres is deur verteenwoordigers van 18 sakekamers en instansies bygewoon vanoor die provinsie. Onder hulle was verteenwoordigers van Clanwilliam, Kaapstad, Paarl en die Tuinroete.
Dit is reeds Donderdagaand voorafgegaan deur 'n gala-geleentheid waartydens erkenning gegee is vir bydraes in die sakegemeenskap.
George-sakekamer is as die Sakekamer van die jaar aangewys en Pacaltsdorp as die Opkomende sakekamer van die jaar. Piekant Piekniek van George het met die louere weggestap in die afdeling, Klein besigheid van die jaar en die gasvryheid instansie van die jaar was, Pelgrimstog van hoop.
Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van AgriSA, was die gasspreker.
Leon van Wyk, George se burgemeester, het Vrydagoggend se verrigtinge aan die gang gesit. Hy het gesê een van die grootste uitdagings van die sakegemeenskap is hoe om saam te werk met die regeringsfere en hande te vat.
Japie Gouws, voormalige uitvoerende hoof van die ATKV, het gepraat oor 'n sakekamermodel vir die toekoms.
Klik hier om meer te lees.
| |
Netwerk24: AHi Wes-Kaap het groot planne vir 2023
Doelgerigte aanpassings sal moet plaasvind om sakeondernemings in die plaaslike ekonomie te ondersteun en inligting oor toekomstige uitdagings en geleenthede te bied, sê die sakeorganisasie Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) Wes-Kaap.
Dié organisasie se kongres het Donderdagaand in George begin en is Vrydag met sy algemene jaarvergadering afgesluit.
Dr. Willie Cilliers, voorsitter, het Vrydagmiddag gesê kwessies wat volgende jaar dringende aandag gaan kry, is:
• samewerking tussen plaaslike sakekamers en munisipaliteite in ’n inklusiewe ekonomie;
• die “Red 10-dorpeprojek” wat op Prins Albert sal fokus en ten doel het om veral klein gemeenskappe te help om hul plaaslike ekonomie te stimuleer;
• die afhandel van ’n toekomstige sakekamermodel en die inwerkingstelling daarvan, asook die opleiding van sakekamerbesture, die daarstel van ’n databasis van sakementors,
• die ondersoek na finansiering om sakekamers in moeilike finansiële omstandighede te ondersteun; en
• die ontwikkel van AHi-platforms om sakekamers en ondernemings by te staan.
Volgens Cilliers is hulle op soek na afgetrede mense “in elke dorp” vir mentorskappe. Hy sê dit is duidelik dat onderlinge samewerking die toekomspad van sakekamers is en belangriker gaan word. Die sakekamermodel sal verder hervorm moet word om te voldoen aan alle vereistes sodat finansiering bekom kan word om sakekamers finansieel by te staan.
Klik hier om meer te lees.
| |
|
|
|
|